Die slaai jare terug geëet by ‘n vriendin, en die resep al aangepas. Dis n ete op sy eie.
Ek het hierdie vandag gemaak sonder die aspersies en met groen olywe.
Baie maklik en heerlik:
gemengde slaai blare
komkommer
kersie tamaties
fyn wortel strips
wit aspersies
swart olywe
bloukaas en
steak, in repies gesny
Sit blare onder en pak die res van die bestandele bo op. Braai die steak lekker meduim-rare en sny in strips en sit bo op die slaai. Geur na smaak en bedruip met olyf olie en balsamic. Sit voor met of sonder n broodjie en ceasar slaai sous of sommer greamy greek salad dressing.
Adri van Zyl