

NJAMMIE-PATATS
1.5 kg patat
300 ml margarien
300 ml bruin suiker
750 ml mini-malvalekkers
2.5 ml fyn kaneel
1 ml fyn neut
Kook die patat tot gaar en skil af. Sny die patat in groterige blokkies, en druk van die blokkies effens fyner met ‘n vurk. Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer ‘n oondvaste bak.
Meng die margarien, bruin suiker, 500 ml van die malvalekkers, kaneel en neut saam in ‘n kastrol. Kook oor medium hitte, en roer gedurig tot die malvalekkers gesmelt is. Meng die patat goed by die mengsel in. Skep dit in die voorbereide bak uit en bak in die oond vir 15 minute. Verwyder uit die oond en gooi die res van die malvalekkers bo-oor. Plaas terug in die oond en bak tot die malvalekkers gesmelt en goudbruin is.
Hierdie resepie is baie lekker!! hahah amper soos poeding… en is ordentlik soet
BRON- BENHET NIEUWENHUIS






