
MAALVLEIS KEBABS
500g maalvleis (hoender of kalkoen kan ook gebruik word)
1/2 koppie heel graan broodkrummels
1/2 koppie gerasperde Parmesan Kaas
1 eetlepel droë oreganum
1 eetlepel droë basil
1 eetlepele droë pietersielie of 1/4 koppiie vars (gesnipper)
1/2 teelepel rooipeper vlokkies
2 huisies knoffel (fyngedruk)
puff pastry
1 koppie gesnipperde mozzarella kaas
12 hout sosatiestokkies
Marinara sous vir dip (of jou keuse)
Voorverhit oond 180*
Ek sit foelie op 2 bakplate en hou eenkant
Meng maalvlies, broodkrummels, Parmesan Kaas, Oreganum, Basil,pietersielie, rooipeper vlokkies en knoffel. Maak 1” klein balletjies
Sny puff pastry in ‘broodstokkies’. Begin met een ‘broodstokkie’ op n slag,
ryg op stokkie – eers deeg, dan maalvleisballetjie, deeg, balletjie en so aan…… Maak so 3 balletjies op ‘n stokkie, met deeg tussenin. Eindig met deeg. Plaas op bakplaat
Maak seker dat die deeg en balletjies +- 1/4” weg van mekaar is sodat diedeeg kan uitsit wanneer dit bak.
Bak vir +-20min tot vleisballetjies gaar is. Verwyder van oond en strooi elke stokkie met gesnipperde mozzarellakaas. Sit terug in oond vir 2-3 min totdat kaas gesmelt is.
Bedien dadelik met warm sousie
Resep geplaas deur Amanda Conradie






