

KOOS SE SOUTHAPPIES
Ek was besig om weer pasteie te maak en onthou toe n vrou het vir my n idee gegee wat om te doen met die skilfer deeg wat oorblei. As dit n klein bietjie is gooi ek dit maar weg. Jy kan natuurlik die ook doen vir n lekker southappie saam met die kuier.
So haal maar bietjie deeg uit die yskas. Seker al n ou ding en julle weet seker. Wel ek het dit probeer vanaand.
Die oorbly deeg in stukkies gesny, Binne in n pan vir die oond, gesmeer met eier en melk mengsel en toe sprinkel ek Cheese seasoning oor.
Jy kan jou eie speserye volgens smaak oor sprinkel.
Bak in die oond op 180 grade tot bruin. Myne was dalk daai 5 minute te lank maar wat n heerlike sout happie.
Bron en Foto: Koos van der Merwe






