

SPONSKOEK MET SJOKOLADE EN MERINGUE
Klop 8 eierwitte styf met ‘n knippie sout.
Klop 8 eiergele saam 2 koppies suiker.
Voeg 1 koppie olie by.
Los 4 eetlepels kakoa in 1 koppie warm water op en meng.
Sif 2 ½ koppies koekmeel en 5 teelepels bakpoeier by en meng deeglik.
Voeg omtrent 1 teelepel vanilla by.
Vou eierwitte in met ‘n metaal lepel.
Skep in gesmeerde panne en bak 40-50 min op 180º C.
Ek het die keer net die kakao uitgelos en stukkies sjokolade in die beslag gesit. Ek het ook sjokolade gesmelt en in die middel en bo-op gedrup. En bo-op is italiaanse meringue
Bron en foto; Stephanie Kohrs






