BOERE LIMONCELO (SUURLEMOEN LIKEUR)
Skil net die geel van ‘n klomp suurlemoene, gooi in bottel, gooi genoeg brandewyn (ek het ook ‘n whiskey weergawe gemaak) en laat staan vir 3 weke. Druk die sap uit en gooi deur ‘n moeselien doek (of vadoek) om alle onsuiwerhede uit te kry.
Maak ‘n DIK 1:1 suiker/suurlemoenstroop – kook tot die spulletjie na Lyons Syrup lyk.
Los die nou vir 3 weke terwyl die skilletjies hulle sinne verloor in die alkohol. Skommel die suurlemoenskil/alkohol elke dag om te sorg dat al die skilletjies hulle beurt in die alkohol kry. Gooi daardie aftreksel deur ‘n moeselien doek en meng soveel van die stroop by die alkohol mengsel tot dit vir jou soet genoeg is. Dit mag nodig wees om die stroop bietjie te verhit om dit makliker te laat meng.
Bron en foto: Petro Borchard








