HOE OM KERRIE ‘N MOOI ROOI KLEUR TE GEE
Hoe om te maak dat my kerrie daardie rooi kerriekleur het sonder enige borrie!
Lorinda Landman
Ek het geleer om my kerrie asyn en suiker dhania jeera kerrieblare lourierblare saam met uie, garlic ens te braai dan kom hy so uit.
Louise Groenewald
Die Masala-mengsels gee ‘n rooi kleur asook rooi kerriepasta.
Adéle Brian Langley
Jip dis rooi kerriepasta die thai een as ek dit nie mis het nie… in ons dorpie is eksotiese dinge “volksvreemd” hehe bietjie min. En dis in die middel van platinum area waar al die stakings was so ons winkels was maar op baie basiese voorraad.
Johan Vorster
Paprika sal die rooi kleur ‘n groot hupstoot gee. Tamatie puree in sekere kerrie speel ook die role.
Adéle Brian Langley
Ek koop by indiese spesery winkels my mengsels.
Hettie Bezuidenhout
Ek gooi Thai Red Curry paste by.
JCLiza
Tamatiepasta of sommer tamatiesous werk goed om kerrie rooi te kleur en is ook lekker.
Johan Vorster
Safraan an en borrie, turmeric, gee oranje en geel effek.
Cobus Bosch
Ek gebruik indiese kerrie, vul aan met ruim (35 ml) paprika. Braai eers die vleis daarin voor vloeistowwe bygevoeg word. Diep rooi kleur wag vir jou en dit brand niks.







