BESTE CIABATTA OOIT
Maak 2 Brode
4 koppies koekmeel
10 g kitsgis
5 ml suiker
5 ml sout
2 koppies water
30 ml olyfolie
Meng alles saam en roer goed deur met die hand tot glad.
Laat rys vir ‘n uur en roer dan die deeg n bietjie af.
Verdeel die deeg in 2 en vorm soos verkies. Plaas dan in ‘n meel bestrooide pan of op ‘n bakplaat en laat rys weer vir 30 – 40 minute.
Bak in voorverhitte oond teen 220° tot gaar (Ongeveer 40 minute).
Foto: Antoinette Ferreira








