Resep se sous genoeg vir 12 groot skaaptjops(1.5 kg).
3 groot uie gesny en gebraai in 4 eetlepels olie.
Meng die volgende saam:
50 ml appelkooskonfyt
37 ml sterk Rajah kerrie
100 ml suiker
1 teelepel grondboontjiebotter
25 ml blatjang
500 ml asyn
Meng alles bymekaar en kook deur. Laat sous afkoel. Gooi in lae oor die tjops.
Laat staan minstens 3 dae in yskas en draai soggens en saans om..onderste tjops weer bo sit, ens.
Vries baie goed vir saamneem op vakansie. Maak sommer een slag genoeg… Moenie gebruikte sous weer gebruik nie.
moet MINSTENS 3 dae marineer!!!!!! geen kortpaaie nie..en onthou, gemarineerde skaaptjops braai langer as normaal
Resep en foto: Tersia Conradie