GEBAKTE HOENDERKERRIE (wenner)
Ek het hom net baie minder gegemaak
5 heel uie skoongemaak
10 patatjies geskil
10 wortels gekap
2 skrophoendertjies
6 skudde sterk kerrie
1 skud anys (1 teelepel)
Sout na smaak ek het peper en chicken spice by gesit
2 koppies perskeblatjang
1 koppie wortel atjar (ek het dit uit gelos)
1 blik appelkooshelftes
Pak die pot met die groente onder en die hoenders bo.
Voeg 2 koppies water by en sit pot in warm oond.
Bak 45 min draai hoender om. Meng al die speserye met die blatjang, atjar en appelkose en giet oor. Bak 20 min bedien met stampkoring.
Ek het na 20 min die sousie dik gemaak en toe oop 10 min gebak.
Was baie lekker.
Nota: Skud is ongeveer ‘n teelepel vol
Foto: Benhet Niewenhuis








