

BRUSSELSE SPRUITE GEREG
(Die wat nie Brusselse spruite eet nie probeer gerus die een)
1 pakkie brusselse spruite
1 groot ui fyn gekap
200 g bacon bits
1 pakkie sampioene
1 teelepels knoffel
1 koppie kaas
1 groen soetrissie (opsioneel)
1 pakkie sampioensop
250 ml room of melk
Braai ui in pan tot lekker bruin, voeg soetrissie en sampioen in en voeg die Brusselse spruite by en braai rukkie saam.
Voeg dan 1-2 koppies water by dat brusselse spruite kan sag kook, voeg sout en peper by na smaak.
As Brusselse spruite sag is kan jy helfte van die water af dreineer, vat dan soppoeier en meng met die room of melk en voeg by die Brusselse spruite, laat prut oor lae hitte tot sous verdik.
As sous lekker geprut, voeg die kaas by, dit sal hom ook dikker maak.
Bedien warm of koud ewe lekker saam met braai vleis.
Of skep in oondbak met nog ‘n laag kaas en bak op 180ºC to kaas bruin is!






