SPINASIE EN BACON PANNEKOEKIES
12 pannekoeke
15 groot spinasie blare (ek het 1 kg gevriesde pak gebruik)
125 g spekvleis
375 ml gerasperde kaas
50 ml koekmeelblom
sout en peper na smaak
3 eiers
150 ml mayonnaise
Halveer die pannekoeke en vorm ‘n kegel van elke pannekoek. Vou die punt terug.
Plaas dit in ‘n gesmeerde muffinpan ek het die heel grotes gebruik.
Kook spinasie laat goed dreineer en sny fyn.
Snipper die ontbytspek en braai tot bros.
Meng kaas, koekmeel sout en peper by spinasie en spek.
Klits eiers en mayonnaise saam en meng saam met spinasie, kaas en ontbytspek.
Skep die pannekoeke vol vulsel en bak 25 min in oond 180°C. Sit warm voor.
BRON- Elmarie Snyman








