RATATOUILLE à LA ROSALINA
Rosalina is die pers-rooi ui wat nou op die supermark-rakke gekry word. Dit is soet en sappig – ‘n enorme aanvulling vir vele disse van ‘n slaai tot by ‘n vegetariese gereg. Daar word gesê: “ Don’t cry – give a Rosalina a try!”
Wanneer ek rooi uie gebruik om Ratatouille te maak, noem ek my dis ‘Ratatouille à la Rosalina’!!
2 groot rooi uie, in dun ringetjies gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
37,5 ml Franse slaaisous
500 g geskilde tamatieskywe
1 elk groen, geel en rooi soetrissie
500 g murgpampoentjies
Braai uie en knoffelhuisies in die Franse slaaisous in ‘n wok vir 5 minute. Voeg die tamatieskywe, soetrissies en murgpampoentjies by en roerbraai vir 5 minute.
Geur na smaak; gooi ‘n handjievol kruie bo-oor; besprinkel met sesamesaad en bedien as ‘n bykos of ‘n vegetariese maal.
Resep en foto: Hélène Kluge









geskuif