
RAAD-WENKE VIR KAAS
Kan ek voorstel dat ons ‘n file begin met Raad/Wenke? Ek raak heel opgewonde as iemand vir my ‘n blink idee gee wat werk, soos die volgende :
Om te keer dat kaas muf, sit ‘n beskuitjie soos provita of salticrax saam met die kaas in ‘n houer wat dig seël, vervang elke week. Ek het die raad by Van Gaalen Kaas in Hartbeespoort gekry en dit werk!
Ek het kaas wat lieflik vars is wat ek ‘n maand gelede gekoop het.
Petro Borchard
WENKE VIR KAAS
Kaas
Vul ‘n leë speserybottel met meel en gebruik dit om oor kaas te sprinkel op pizza of ‘n pastagereg. Dit voorkom dat die kaas drade trek.
Rasper kaas wat hard geword het, met die fynste deel van die rasper en gebruik dit in plaas van parmesaan.
Sorg dat daar altyd gerasperde kaas in die yskas is – dit bespaar tyd wanneer ‘n gereg berei word.
Hou jou kaas in foelie. Dit hou langer en muf nie.






