

RIANA SE “GEEN FLOP” SJOKOLADEKOEK
My glad nie flop resep.
Meng die volgende saam en hou eenkant:
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
½ teelepel sout
2 teelepels bakpoeier
Meng die volgende saam:
¼ koppie kakao
½ koppie kookwater
½ koppie olie
4 eiergele
4 teelepels vanilla geursel
Meng die 2 mengsels bymekaar.
Klits die eierwitte styf en vou in by die beslag.
Bak 30 minute by 180 ºC in voorbereisde Pyrex bak.
Sous:
Smelt die volgende saam:
½ koppie suiker
¾ blikkie Ingedampte melk
Giet die sous oor die warm koek as dit uit die oond kom.
Klits karamel kondensmelk en smeer oor die koek as dit koud is of gebruik sjokolade blok.
Resep: Riana du Plessis






