

HOENDERPASTEI MET ASPERSIES
Resep en foto: Anita Groenewald Olderwagen
FOOD LOVERS RECIPES
1 rol skilferkors deeg
1 meduim grote hoender
1 ui gekap
4 spekveis repe gekap
1 teelepel hoenderspeserye
1 teelepel rys speserye
sout en peper na smaak
2 eetlepel wit wyn
1 eetlepel worcestersous
1 blik aspersies
1 blik sampioene kan vars ook wees
100 ml koekmeel
1 meduim groen soetrissie gekap
250 ml melk
1 eier
Verhit oond 200ºC, spuit oondvaste bak rol deeg dun uit en voer die bodem uit.
Kook jou hoender met al die speserye en uie asook soetrissie saam tot sag moenie die vel aftrek voor die tyd nie kook alles laat koud word, as gaar ontbeen en ontvel.
Maak vleis lekker fyn. Die sous wat nog in die pot is, giet deur ‘n sif as daar dalk beentjie in is, voeg nou die asyn en worcestersous by. Kyk dat as jy sous oor het dat dit so 300 ml is, nie meer as dit nie. Jy kan as jy wil nog ‘n fyn gekapte ui insit .
Kook die sous met die hoender en spekvleis vir nog ‘n paar min. Sit die aspersies by en die sampioene, dreineer net die vloeistof van hulle af. Maak die meel en eier aan met die melk en giet oor die hoender met sy sous. Kook totdat alles lekker dik is, jy kan nog speserye bysit tot dit na jou smaak is. Laat dit koud word, skep dan in die oonvaste pan.
Rol bo gedeelte van die deeg uit en plaas dit op die koue beslag, versier die bo-deel en smeer eier en melkmengsel oor.






