

PAN PIZZA MET BAKPOEIER
Degie:
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
2.5 ml olyfolie
2/3 koppie lou water
Meng alles saam en knie sommer met die een hand lekker goed deur.
Rol uit in ‘n pannetjie van jou keuse – so bietjie netjieser as myne (lol).
Oond 220ºC.
Vulsel
¼ koppie mayonnaise
3 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels blatjang
Meng en smeer op basis.
My vulsel van onder af:
Mozzarela kaas
Gaar fyn hoender
Fyn gekapte olywe
Lekker sterk cheddarkaas
Bak vir 20 min en sny avokado oor.
En soos altyd – gee vrye teuels met geure en kleure!
Voila tjoef tjaf vrydagaand kossies
Bron en Foto: Bernadene Daniell Prinsloo






