

HOENDER PASTEI MET ASPERSIES
1 rol skilferkors deeg
1 meduim grote hoender
1 ui gekap
4 spekveis repe gekap
1 tl hoenderspeserye
1 tl rys speserye
Sout en peper na smaak
2 el wit wyn
1 el worcestersous
1 blik aspersies
1 blik sampioene kan vars ook wees
100 ml koekmeel
1 meduim green pepper gekap
250 ml melk
1 eier
Verhit oond 200 grade C, spuit oondvaste bak rol deeg dun uit en voer die bodem uit.
Kook jou hoender met al die speserye en uie asook green pepper saam tot sag moenie die vel aftrek voor die tyd nie kook alles laat koud word laat koud word as gaar ontbeen en ontvel maak vleis lekker fyn jou sous wat nog in die pot is gooi deur n sif as daar dalk beentjie in is voeg nou die asyn en worcestersous by kyk dat as jy sous oor het dat dit so 300 ml is nie meer as dit jy kan as jy wil nog n fyn gekapte ui insit .
Kook die sous met die hoender en spekvleis vir nog n paar min sit die aspersies by en die sampioene gooi net die vloeistof van hulle af.Maak jou meel en eier aan met die melken gooi oor die hoender met sy sous kook totdat alles lekker dik is jy kan nog speserye bysit tot dit na jou smaak is laat dit koud word gooi dan in die oonvaste pan.
Rol bo gedeelte uit en plaas dit op die koue beslag versier jou bodeel en smeer eier en melk mengsel oor.
Bron: Anita Groenewald Olderwagen






