Meng poeding en melk in mengbak. Klits so 2 min. Klits Orley Whip in aparte bak. Vou in by poeding mengsel. Smeer vierkantige bak en pak laag tennis beskuitjies. Sit van die vulsel op en maak gelyk. Bedek met nog laag beskuitjies. Maak lae tot vulsel op is. Laaste laag beskuitjies.
Vir die versiersel meng bestandele tot glad. Sprei eweredig oor koek. Verkoel vir paar uur of verkieslik oornag. Ek het net die hefte aangemaak. Die resep sê Graham koekies en cool whip ek het Tennis en Orley gebruik.
Foto en resep geplaas deur Martie Fourie Moolman








