MUSHAVI BRANDEWYN FILLET
Neem een lekker fillet en rol hom in olyfolie en kikoman soyasous. Net genoeg om die vleis goed nat te maak. Sprinkel mildelik vars roosmaryn blaartjies oor asook geknipte baby springonions, fyn gekape knoffel en growwe swartpeper. Doen maar na gelang van smaak. Rol die spulletjie weer bietjie en laat rus vir so ‘n uurtjie. Braai dan op warm plaat of rooster bo kole. Julle weet mos nou rare tot medium. Plaas op warm plaat indien nog nie en strooi swart of wit mostertsaad oor asook gekrummelde bloukaas of alternatiewelik parmesan. Rol om en bak net vinnig liggies alkante wat albei bestrooi is. Gooi dan genoeg brandewyn oor en steek dadelik aan die brand dat die alkohol verslaan, sorry! Dien dadelik op en geniet!!
BRON- Deon Huysamen







