

EIERVRUG BREDIE
2 groot eiervrug (brinjals) geskil, in blokkies gesny en gesweet
2 uie, gekerf
4 toontjies knoffel, gekerf
2 murgpampoentjies, in blokkies gesny
2 wortels, in ringe gesny
1 blikkie tamaties
250 g maalvleis
1 koppie rou rys
1 eetlepel blatjang
20 ml Worcestersous
2 teelepels kerrie
sout en peper
Braai die uie, knoffel en maalvleis tot die maalvleis verbruin.
Braai die rou rys in ‘n bietjie olie tot die rys begin skiet.
Voeg die eiervrug by die rys en braai liggies deur.
Voeg die res van die groente en vleis by die rys en brinjal mengse.
Voeg die geurmiddels by.
Bedek met water en prut tot al die water geabsorbeer is.
Indien jy van meer brand hou kan jy vars rissies byvoeg.
Foto en resep geplaas deur Corne Liebenberg






