EGTE FRANSE RATATOUILLE
2 eiervrugte, in dun skyfies gesny
2 groot uie, in skywe gesny
1 elk groen, geel en rooisoetrissie, in stukkies gesny
90 ml olyfolie
2 fyngekapte knoffelhuisies
sout, varsgemaalde swartpeper en gedroogte kruie, na smaak
10 murgpampoentjies, in dun skyfies gesny
5 ryp tamaties, geskil en in skywe
10 ml fyn gekapte tiemie
150 ml gerasperde Parmesaankaas gesny
Besprinkel die eiervrugte met sout en laat 30 minute staan, spoel en droog af met kombuishandoek.
Braai die uie die soetrissies in die olyfolie en voeg die eiervrugte en knoffelhuisies by en braai verder.
Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Bedek en prut tot amper sag. Skep uit in ‘n vlak oondskottel of individuele oondvaste opdienbakkies.
Rangskik die murgpampoentjieskyfies en tamatieskywe bo-op. Besprinkel met die tiemie of ander vars kruie na smaak en bak sonder deksel vir 30 minute teen 180° C. Sprinkel die gerasperde Parmesaankaas oor net voor opdiening.
Resep en foto: Hélène Kluge









geskuif