

MAKLIKE BLATJANG
Resep getoets: Leoni Scholtz Venter
Foto: Sandra Deyzel
My ma het altyd ‘n “chutney” gemaak met die volgende.
1 kg gerasperde uie
1 x 900 g blik appelkooskonfyt
1 x 750 ml bottel bruinasyn
1 rissie (opsioneel)
Meng al die bestanddele saam en bottel in gesteriliseerde bottels.
Laat die blatjang staan vir ongeveer 1 – 2 weke.
Dit is heerlik op worsbroodjies.
Bokkie Spies se antwoord dat dit nie gekook word nie. Ja bottel net so koud in glasbottel plaas in yskas.
Tanja Levings
Ek kook dit so half uur en proe. Vir my proe dit reg so. Ons hou van dit so. Jy kan langer kook hoe jy van dit hou.
Sandra Deyzel – daar kom ongeveer 5 bottels uit soos op die foto.







Done