Voorverhit oond teen 180 °C.
Klits die eiers goed en voeg suiker geleidelik by tot die mengsel liggeel en lig is.
Smelt botter en melk saam, sommer in mikrogolf.
Sif droë bestanddele saam.
Meng die melkmengsel en droë bestanddele om die beurt by die eiermengsel.
Voeg nou die olie en katbotter by en meng deeglik.
Giet beslag in gesmeerde bak en bak vir 30-45 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Vir die versiersel het ek gebruik:
Sjokolade ganache
Plaas die volgende in ‘n bubbel koker.
1 x Cadbury slab
¼ koppie room
Laat die sjokolade smelt terwyl jy roer. Skep die ganache oor die koek terwyl koek nog louwarm is.
Ek druk met rou macaroni gaatjies in die koek sodat die ganache insypel.
Versier verder met 2 pakkies grondboon Tumbles en 2 pakkies grondboon M ‘n Ms wat fyngekap en oorgestrooi is.
Foto en resep geplaas deur Hanta Henning








