

DADEL TRUFFELS
Lewer sowat 28 balletjies
500 g dadels, fyn gekap
50 g appelkosies, fyn gekap
125 ml (½ k) rooibostee
150 ml (½ k) klapper
60 ml (¼ k) kakao
15 ml (1 e) rou heuning
100 g rou heel amandels
kakao, amandelbrokkies of
klapper om balletjies in te rol
Kook die dadels en appelkosies in die rooibostee tot sag en alle vloeistof weggekook het. Kap fyn in die voedselverwerker.
Voeg die klapper, kakao en net genoeg heuning by om ’n stywe pasta te maak.
Vorm in klein balletjies, met ’n heel amandel in elk.
Rol in die kakao, amandelbrokkies of klapper en verkoel
BRON- Lee Esterhuizen – .die resep kom uit n baie ou boek in my kombuis






