Lewer 4-6 Porsies
Kors:
750 g aartappels (ongeveer 8 medium aartappels), geskil
en in kwarte gesny
1 eier
2 ml bakpoeier
1 ml sout
30 ml margarien
125 ml melk
Vulsel:
2 uie, in ringe gesny en gesoteer
1 blik (300 g) soutbeesvleis
1 blik (425 g) bone in tamatiesous
50 ml fyngekapte pietersielie
‘n paar druppels tobasco sous
sout en swartpeper
1.Voorverhit oond tot 180°C. Bespuit ‘n oondvaste bak van 22
cm met kossproei
2. Kook aartappels tot sag. Dreineer goed en druk fyn terwyl
nog warm. Voeg eier, sout, margarien, bakpoeier en melk by
en meng deeglik. Voeg helfte daarvan in die voorbereide bak
en smeer op bodem en teen kante.
3. Meng vulselbestanddele goed saam en geur. Smeer oor
aartappelkors. Smeer res van die aartappelmengsel oor.
4. Bak 20-30 minute lank tot kors effens verbruin.
BRON- Cecilia Bedser