

SUSHI KOEK
Ek het nogal ‘n soortgelyke resep raakgelees:
Kook 625ml jasmynrys – moenie afspoel nie; voeg by 30 ml soesjirys-asyn.
Sprinkel sesamesaad onder in losboom pan.
Druk een-derde van die rys in die pan – pak ‘n vel nori op die rys en daarna 1 avo se skyfies, 100g gerookte forel en komkommerlinte.
Herhaal die lae en eindig met ‘n laag nori.
Druk lae styf vas en verkoel.
Keer uit en versier met nog gerookte forel.
Geplaas deur Hélène Kluge






