Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n oondbak of spuit dit met kossproei.
POEDING
Klop die suiker en botter sowat 5 minute in ’n mengbak tot romerig. Klits die eiers by en klits die hele mengsel goed.
Sif die meel, koeksoda, bakpoeier en kakao in ’n aparte mengbak.
Meng die melk, asyn en appelkooskonfyt in ’n aparte mengbak. Voeg dit en die droë bestanddele beurtelings by die romerige eiermengsel.
Meng alles baie goed en giet in die bereide oondbak. Bak sowat 30 minute of tot gaar.
SOUS
Meng intussen die sousbestanddele in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat sowat 3 minute prut.
Giet die warm sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom. Sit dit voor saam met roomys en vrugtepuree.
Note: Brigette Van Heerden-Store
Chocolate malva pudding made yesterday. I used the recipe on the page, but with the sauce I used 2 cups of orley whip, 2 cups of sugar, 15 ml margarine and caramel essence. Optional add 1 cup chocolate liqueur. It was absolutely divine.








