Bestanddele vir sous oor koek:
1 x blikkie ingedampte melk
250 ml suiker
Kook saam ¾ blikkie ingedampte melk en 250ml suiker.
Skep oor koek sodra uit die oond kom.
OPSIONEEL:
Kersie likeur kan oor koek gesprinkel word voordat jy die sjokolade oor smeer!
Bestanddele vir sjokolade laag oor koek:
200 g blok sjokolade (heel neute maak dit nog interessanter)
Res van ingedampte melk
Smelt blok sjokolade met res van ingedampte melk en smeer oor koek as afkoel.
Bestanddele om koek af te rond!
1 x blik ontpitte Swart kersies {gedreineer}
1 houertjie room styfgeklits
neute om oor te sprinkel
1 x Flake sjokolade
Maraschino kersies
Sjokolade vir bo-op
Versprei swart kersies oor koek. Smeer styfgeklopte room daaroor. Sprinkel neute, sjokolade oor room.
HEERLIK!!
Resep en foto: Louise Venter