ALLERLEKKERSTE SWARTWOUDKOEK MET SOUS

2014-04-25-allerlekkersteswartwoudkoektested
ALLERLEKKERSTE SWARTWOUDKOEK MET SOUS
Dit bly ‘n gunsteling in Ons huis.
Bestanddele vir koek gedeelte:
250 ml koekmeel
250 ml suiker
2 ml sout
10 ml bakpoeier
60 ml kakao
125 ml kookwater
125 ml olie
4 eiers geskei (Klits eierwitte styf)
Meng droë bestanddele en maak holte. Meng ander bestanddele en meng alles saam.
Klits eierwitte styf en vou in mengsel in.
Gooi beslag in reghoekige glas tertbak wat gesmeer is.
Bak by 180ºC vir 35 min.

Bestanddele vir sous oor koek:
1 x blikkie ingedampte melk
250 ml suiker
Kook saam ¾ blikkie ingedampte melk en 250ml suiker.
Skep oor koek sodra uit die oond kom.
OPSIONEEL:
Kersie likeur kan oor koek gesprinkel word voordat jy die sjokolade oor smeer!

Bestanddele vir sjokolade laag oor koek:
200 g blok sjokolade (heel neute maak dit nog interessanter)
Res van ingedampte melk
Smelt blok sjokolade met res van ingedampte melk en smeer oor koek as afkoel.

Bestanddele om koek af te rond!
1 x blik ontpitte Swart kersies {gedreineer}
1 houertjie room styfgeklits
neute om oor te sprinkel
1 x Flake sjokolade
Maraschino kersies
Sjokolade vir bo-op
Versprei swart kersies oor koek. Smeer styfgeklopte room daaroor. Sprinkel neute, sjokolade oor room.
HEERLIK!!
Resep en foto:  Louise Venter‎