LOW CARB HOENDERPASTEI
500 g hoenderborsies
sout en peper
sap en skil van 1 suurlemoen
250 g sampioene, in skyfies gesny
olie
200 g spinasie, stamme uitgesny
3 eiers, geklits
250 gbakkie gladde roomkaas
250 ml gerasperde cheddarkaas
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak.
Geur die hoender met die sout, peper, suurlemoensapen
skil. Plaas in ’n stomer en stoom 57 minute tot gaar. Pluis tot fyn.
Braai die sampioene in ’n klein bietjie olie tot net sag. Voeg die spinasie by en verhit tot die spinasie verwelk het.
Klits die eiers en roomkaas saam.
Meng die hoender en groente liggies met die roomkaasmengsel
en skep in die voorbereide bak. sprinkel die kaas oor en bak 30-40 minute of tot die eier gestol en die kaas gesmelt het.
Lewer 8 Porsies.
Oorspronklike resep van Die LowCarb Kombuis
Foto: Rina Kleinhans
Ek het Spring onion and chives roomkaas gebruik en eksta feta ingesit, want dit was vir my bietjie vars… verder baie lekker, bedien saam met ‘n lekker slaai