
GEURIGE HOENDERPASTEI
Sorg dat jou vulsel koud is voor jy dit in die pasteidop skep, anders sal die kors pap word.
6 Farmer Brown hoenderdye (ek kook en ontbeen sommer ‘n heel hoender)
1 ui
2 knoffelhuisies
250 g knopiesampioene
30 ml (2 eetlepels) Elite botter
2 x 35 g pakkies sampioensoppoeier
375 ml (1½ koppies) melk
30 ml (2 eetlepels) vars pietersielie
15 ml (1 eetlepel) gekapte vars salie of 5 ml (1 teelepel) droë salie
Varsgemaalde swart peper
400 g pak skilferdeeg
1 eiergeel
15 ml (1 eetlepel) water
Stel die oond op 200 °C.
Ontbeen die hoenderdye, verwyder die vel en sny in blokkies. Skil en kap die ui en knoffel. Was die sampioene en sny die punte van die stingels af. Smelt die botter in ‘n kastrol en braai die hoender, uie, knoffel en sampioene tot die uie deurskynend en die hoender deurgaar is. Meng die soppoeier en die melk in ‘n skoon kastrol en verhit tot dit kook. Laat afkoel, voeg die pietersielie, salie, peper en hoender by en meng. Sny ‘n derde van die deeg af. Rol die grootste stuk uit tot dit in ‘n 5cm diep pasteibak pas. Skep die hoendermengsel in die dop. Rol die kleinste stuk deeg uit om ‘n deksel vir die pastei te vorm. Bestryk die rande van die deeg met water en sit die deksel op die hoender; druk die rande vas. Versier die rand indien verkies. Klits die eiergeel en water en verf oor die deeg. Maak 2 stoom-gaatjies in die middle van die pastei. Bak 25 – 30 minute tot die pastei goudkleurig en gaar is. 4 – 6 porsies
Resep ingestuur deur – Chantelle Geldenhuys






