GEMENGDE SEEKOSPOT PASTEITJIES
1 pak gemengde seekos
1 rol blaar deeg
1 ui gekap
3 knoffelvingers gekap
2 eetlepels botter
sout en peper
250 ml room
1 teelepel gerookte paprika
100 g gekapte sampioene
100 g gemengde gevriesde groente
1 geklitste eier vir bo-op smeer
Braai die uie, knoffel en sampioene in die botter. Voeg seekosmengsel by. Braai saam vir so 5 min. Voeg room, sout, peper,paprika en gevriesde groente by. Sous kan verdik word met bietjie maizena en Tabasco kan by gevoeg word vir smaak. Skep in bakkies en plaas blaardeeg dekseltjie bo op. Verf met eier. En bak by 180ºC tot goudbruin.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman
geskuif