
GEKARAMELISEERDE PERE MET RYK SJOKOLADESOUS
Pere
3-4 harde groen pere
30 ml gesmelte botter/margarien
Plaatkoekies
3 eiers
150 ml suiker
500 ml melk
30 ml gesmelte botter/margarien
500 ml koekmeel
4 hoogvol teelepels bakpoeier
5 ml sout Sjokolade sous
80 ml room
100 g sjokolade
Pere: Sny die pere in ongeveer 5mm dikte skywe in die lengte van die peer. Plaas dan die skywe op n gesmeerde bakplaat en verf met gesmelte botter. Bak die pere in die oond teen 180°C vir 15min. Hou eenkant.
Plaatkoekies: Klits die eiers en suiker saam tot liggeel en donsig. Die geheim le in die baie klits om dit veerlig te laat. Voeg dan net 250ml melk en botter by. Sif die droë bestanddele saam en voeg by die eiermengsel by. Voeg dan die oorblywende 250ml melk by en meng tot n gladde beslag. Moenie die mengsel roer nadat alles goed gemeng is nie. Smeer n pan met olie (ek gebruik n elektriese braaipan). Plaas dan n skyf peer op die pan en skep n lepel vol beslag oor die peer sodat die peer net-net bedek is. (Die beslag rys baie, so wees versigtig om nie te veel plaat koekies in jou pan te he op een slag nie. Dit maak die moeilik om te draai). Bak dan die plaatkoekies aan die eenkant tot lug borreltjies aan die bokant verskyn. Draai dan versigtig om en bak aan die ander kant tot lig goud bruin. Plaas die room en sjokolade in n souspannetjie en roer oor lae hitte tot gesmelt en dik. Vir n dikker sous voeg net ekstra sjokolade by. Bedien die plaatkoekies saam die ryk sjokolade sous.
Bron: Lorraine Swanepoel






