Voorverhit oond 200grade.
Bestanddele:
Een en n halwe k Milo-poeier
1 pk Rolo sjokoladetjies
Een en n halwe k bruismeel
Een en n halwe k volroommelk
5 e gesmelte botter
1 groot eier geklits
n halwe k melksjokoladestukkies
n halwe k wit sjokoladestukkies
Sif meel, voeg dan die wit en bruin sjokoladestukkies by. Meng intussen die botter, melk en Milo en voeg by die meelmengsel. voeg die geklitste eier by en roer goed deur. Spuit n muffinpan met Spray n cook en skep lepelsvol deeg in die holtes, plaas dan n Rolo in die degies. Bak vir 20 min.
FOTO- GIDEON LOUW – RINIE LOUW








