

BETS SE SJOKOLADE/VANILLA OLIE KOEK
Vir die vanillakoek laat die kakao weg en gebruik maizena.
1¾ koppie koekmeel
4 eetlepels kakao/maizena
knippie sout
½ koppie kookolie
1 koppie kookwater
1½ koppies suiker
3 teelepels bakpoeier
5 eiers, geskei
1 teelepel vanilla geursel
Voorverhit oond tot 180°C.
Verroom suiker en eiergele.
Voeg olie by.
Sif meel, kakao/maizena en sout saam en voeg by eiergeelmengsel.
Meng goed.
Voeg kookwater en geursel by en klits deeglik tot glad.
Vou die bakpoeier laaste in.
Klits eierwitte styf en vou in.
Bak vir 30 – 40 minute tot gaar by 180 ºC.
Bak in twee gesmeerde panne.
Bak in twee gesmeerde panne.
Geniet!!
Resep: Bets Lourens
Resep: Bets Lourens
Meisie Van Der Colff se versiersel vir hierdie koek
Sjokolade versiersel.
Room 125 g (140 ml) botter / margarien en 250 g ( 2 koppies) gesifte versiersuiker saam.
Voeg 25 ml (2 eetlepels) gesifte kakao en 5 ml (1 teelepel) vanilla geursel by en meng tot romerig.






