

WINTER HOENDERSOP
2 hoenderborsies aan die been, vel en vet verwyder
15 ml (1 eetlepel) olyf- of avokado-olie
2 uie, gekap
2 seldery stingels met die blare, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
2 middelslag-patats, geskil en in blokkies gesny of grof gerasper
15 ml (1 eetlepel) gedroogde origanum
30 ml (2 eetlepels) gedroogde gemengde kruie
1 liter (4 koppies) water
250 ml (1 koppie) lae-vet melk
250 ml (1 koppie) bevrore heel pitmielies, ontdooi
1 x 410 g-blik geroomde mielies
10 ml (2 teelepels) Dijon mosterd
suurlemoensap en swartpeper na smaak
45 ml (3 eetlepels) vars gekapte Italiaanse pietersielie, salie en origanum (’n mengsel, of na smaak)
Sny hoenderborsies in die helfte met ’n skerp skêr.
Verhit olie in ’n groot kastrol en braai hoender tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.
Braai uie, seldery en knoffel in dieselfde kastrol tot goudbruin. Voeg patats by en braai vir ’n paar minute. Voeg gedroogde kruie, water en hoender by en verlaag die hitte.
Bedek en prut 30 minute of tot die hoender gaar is. Skep hoender uit.
Verwyder die bene en sny hoender in kleiner stukkies. Druk die patats effens fyner, as jy wil.
Roer hoender, melk, mielies en mosterd by die sop en prut tot deurwarm.
Geur na smaak met suurlemoensap en pepper en roer vars kruie by – ’n heerlike winter-maaltyd.
Wenke
1. Rasper 3 murgpampoentjies en soteer met die patats.
FOTO: Adam Cloete






