

BILTONG, SPEK EN SAMPIOENSLAAI
2 pakkies spek gesnipperd
Genoeg biltong (soos wat dit jou sak pas
Uie
Peppers
Sampioene
2 houertjies room
2 pakkies mushroom sous knorr sin
Kruie
Sout en pepper
Klein tamaties
Advokadopeer
Pasta van jou keuse
Ek braai uie, pepper, spek en biltong saam. Gooi dan sampioene by en braai verder tot gaar. Gooi kruie vir pasta en bietjie sout in
Gooi dan die 2 houertjies room in. Gooi dan klein tamaties by. Als is dan gaar en jy wil die tamaties eintlik net warm maak. Maak die sous aan soos pakkie se. Gooi by.
Kook pasta soos pak se
Ek meng gewoontlik sommer alles saam. Dan weet jy jy sit nie met droë pasta wat taai word oor nie. Tensy jy pastaslaai wil maak met die wat oorbly
Skep in bord en sny skyfies avo en sit bo op. Gooi dan lekker baie swartpeper oor.
Ek het mos deesdae n fetish vir balsamic so ek het oor myne nog dit ook gegooi nadat ek dit ingeskep het
RESEP EN FOTO: Marian Van Deventer






