TUISGEMAAKTE GRANADILLAROOMYS
4 koppies granadillapulp (vars uitgedruk)
1 kg ongegeurde jogurt
1 blikkie kondensmelk (gebruik 2 indien jy soeter verkies)
Meng die bestanddele baie goed saam, skep in ‘n groot genoeg bak en vries.
Dit is ongelooflik lekker en romerig. Baie maklik om te maak.
Notas:
Lynette Vivier – is die 4 koppies pulp reg? Dis baie en ek koop altyd die heel klein blikkies.
Lynette Vd Bergh – Lynette, ek het vars uitgedrukte granadillas gebruik, dalk met die blikkies pulp moet ‘n mens net die helfte gebruik. Ek het net 1 blik kondensmelk gebruik met ‘n bietjie versoeter by. Dit is effe suur maar nie erg nie, want die granadillas was goed ryp.Janine Botha – 1 kg jogurt, is 1 liter, neem ek aan?
Lynette Vd Bergh – Janine, ja dit is die groot houers jogurt en ek het die volroom griekse jogurt gebruik. Ek gaan môre dieselfde resep maak, maar 1 met aarbeie en 1 met bloubessies.
Resep: Lynette vd Bergh








