MIELIEBROOD
600 g bruismeel
250 g strooisuiker
4 ml sout
100 g botter
250 ml melk
2 eiers
1 blik roomsuikermielies
1 blik heelpit mielies gedreineer
Stel oond op 180°C. Smeer 2 broodpanne. Smelt die botter en voeg die melk en geklitste eiers by die botter. Sif die droë bestanddele saam. Voeg sowel die botter- en melkmengsel as die mielies by die droë bestanddele en meng. Skep die deeg in broodpanne en bak vir ‘n uur, tot gaar en bruin.
Resep geplaas deur -Rina Kleinhans








