

SPINASIEVULSEL
500 g gevriesde spinasie
100 g botter
200 g koekmeel
250 ml melk
Sout en peper na smaak
10 ml knoffelpoeier
2 ml neutmuskaat
Laat die gevriesde spinasie ontdooi en braai in die botter. Voeg die koekmeel by en meng goed deur. Voeg die geurmiddels by Voeg bietjies van die melk by en roer aanhoudend. Indien die mengsel nog te dik is – voeg nog melk by.
BRON- Corne Liebenberg






