

MOUSSAKA MET MURGPAMPOENTJIES
Resep en foto: Adrian Olivier
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het gisteraand lus gewees vir Moussaka, maar daar was nie eiervrug in die huis nie. Toe gebruik ek maar Baby marrows.
500 g maalvleis
olie om in te braai
2 uie
6 to 8 baby marrows in helfte of in skywe gesny afhangende van hul grootte (in plaas van eiervrug wat gewoonlik gebruik word)
4 medium groot aartappels, geskil en in skywe gesny
sout en peper na smaak
250 ml vleisekstrak (bees blokkie in kookwater)
2 eetlepels tamatiepuree
2 gekapte tamaties.
1 lourierblaar
‘n paar naeltjies, koljanderkorrels en all spice korrels
Bechamelsous (witsous)
Braai gekapte uie in die olie tot sag en voeg die vleis by. Braai die vleis tot dit verbruin en voeg die vleisekstrak, speserye, sout en peper, lourierblaar, gekapte tamaties en tamatiepuree by. Laat prut tot die vloeistof geabsorbeer is.
Mikrogolf die baby marrows en aartappels tot gaar maar steeds ferm en berei die Bechamelsous voor. Resep onder aan. Skep ‘n laag van die vleismengsel onder in ‘n diep gesmeerde oondbak, volg dit op met ‘n laag aartappels en dan ‘n laag baby marrows. Herhaal tot die bestanddele opgebruik is.met ‘n laag vleis heelbo. Rond af met ‘n dik laag Bechamelsous bo-op die vleis en sprinkle gerasperde Cheddarkaas daaroor. Bak by 180ºC vir 30 minute tot goudbruin.
Bachemelsous
(het dit in die mikrogolfoond gemaak)
1 liter melk
2 eetlepels margarien/botter
2 goeie opgehoopte koekmeel
Fyn neutmuskaat
Sout en witpeper na smaak
Verhit melk en botter… maak meel aan met water tot n gladde pasta. Voeg by melk en meng goed, mikrogolf op hoog vir 30 sekondes. Herhaal tot gaar. Meng na elke 30 sekondes goed deur. Geur met fyn neut, sout en witpeper…(ek het n handvol cheddar kaas ook bygevoeg)






