

KLAPPERMELK-EN-DADEL VLA
1 blikkie klappermelk
200 g dadels
20g vlapoeier
suiker na smaak
10 ml Rum ekstrak
Kook die klappermelk en dadels saam tot die dadels sag is.
Haal al die dadelpitte uit.
Versoet na smaak.
Maak die vlapoeier aan met water en voeg by die mengsel.
Roer tot mooi glad.
Voeg die Rum ekstrak by.
Corne Liebenberg – Die lemoenskyfies het ek in die halogene oondjie gekarameliseer en ek is baaaaaaaaaaaie beindruk…. dit is heerlik!!!






