ROOMYS VAN 2 BESTANDELE
geen suiwel
Soms kruis n gereg jou pad wat jou wereld verander. Die piesangroomys is een van die lekkerste nageregte wat ek in my lewe geeet het. Dis ongelooflik! Dis sag en romerig!
BENODIG:
6 piesangs
125 ml grondboontjiebotter
NOU:
Sny die piesangs in dun ringetjies. piesangroomys
Plaas dit op n bakplaat en bedek met kleefplastiek.
Vries dit.
Sit dit in jou voedselverwerker en kap fyn.
Meng die grondboontjiebotter by.
Dis die lekkerste lekker in LekkerLand!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Bron: Marinda Kook
Foto: Leonard Eric Abdol









done