ROOMYS VAN 2 BESTANDELE

 

2 best roomys 2tested

ROOMYS VAN 2 BESTANDELE

geen suiwel

Soms kruis n gereg jou pad wat jou wereld verander. Die piesangroomys is een van die lekkerste nageregte wat ek in my lewe geeet het. Dis ongelooflik! Dis sag en romerig!

BENODIG:

6 piesangs
125 ml grondboontjiebotter
NOU:

Sny die piesangs in dun ringetjies. piesangroomys
Plaas dit op n bakplaat en bedek met kleefplastiek.
Vries dit.
Sit dit in jou voedselverwerker en kap fyn.
Meng die grondboontjiebotter by.
Dis die lekkerste lekker in LekkerLand!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Bron: Marinda Kook

Foto: Leonard Eric Abdol