ROOIBOK SKENKELPOT
Die resep is maklik en altyd lekker!
Braai uie, skaap stertjies en skenkels tot geseël.
Voeg 2 koppies soet Hanepoot in, laat prut vir 2 ure.
Meng 2 pakkies bruinuiesoppoeier met water en sout en peper.
Meng die sous in saam met aartappels en soet mielies, laat weer prut vir 1 uur.
Kyk maar, soms gebruik ons meer water in die sous, dit hang net af hoeveel sous die vleis maak.
Voeg die groente en sampioene by en gee ‘n roer en laat so halfuur prut. Alles op die gas en swartpot.
Heerlik! Die hanepoot maak die wildsvleisie heerlik sag.
Skaapstertjies sit so lekker vetjie by!
Foto en resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis








