LENTE MENGELSLAAI
1 pak vars roketblare
½ pakkie geroosterde pekanneute
2 lemoene
½ pakkie droë pere
2 wiele fetakaas
olyfolie
balsemiekasyn
Skeur die blare rofweg, sit dit in ’n slaaibak en drup olyfolie en asyn oor.
Sny die een lemoen in wiggies, die pere in repies en die feta in blokkies en rangskik dit bo-op die blare.
Strooi die neute bo-oor.
Sny die ander lemoen oop en druk genoeg sap na jou smaak oor die slaai uit.
Anita Steyn
ek gebruik die balsamiese “reduction” omdat hy nie so loperig is en smaakliker is as slaaisous
DISCLAIMER: BY SUBMITTING CONTENT TO THIS WEB SITE, YOU ACKNOWLEDGE AND AGREE THAT THE TERMS AND CONDITIONS STATED IN THIS POLICY APPLY TO YOUR INTERACTIONS WITH ANY WEB SITE COMMUNITY AND THAT GOOD AND VALUABLE CONSIDERATION HAS BEEN PROVIDED TO YOU. IF YOU DO NOT AGREE WITH THESE TERMS AND CONDITIONS, DO NOT SUBMIT CONTENT TO THIS WEB SITE OR OTHERWISE ACCESS ANY COMMUNITY FEATURES ON THIS WEB SITE.