

GROOTMAAT CUPCAKES
Resep geplaas en foto: Sansha Meyer
Maak die resep dubbel aan vir 30 kolwyntjies
1¾ koppie bruismeel
¾ koppie strooisuiker
160 ml melk
2 eiers, liggies geklits
125 g botter, gesmelt en afgekoel
½ teelepel vanilla ekstrak
Meng alles saam, moenie oormeng nie.
Bak teen 180°C vir 10-15 min, afhangende van bakkiegrootte.
En die versiersel:
125 g sagte botter
1½ koppies versiersuiker
½ teelepel vanielje ekstrak
knippie sout
1½ eetlepel melk
Klits baie goed tot donsig.
Dis ‘n baie lekker reseppie!
Geniet dit!







Martie Coetzee
Regtig ‘n baie lekker resep die cupcakes is doeksag en nie droog nie
Martie Coetzee
Die groot maat cupcake resep op die blad is ‘n treffer. Ek het net 100ds and 100ds bygevoeg by die beslag. Dankie aan die dame wat die resep op gesit het hy werk great