GROOTMAAT CUPCAKES

2013-11-09-coconutcupcakestested

GROOTMAAT CUPCAKES
Resep geplaas en foto: Sansha Meyer
Maak die resep dubbel aan vir 30 kolwyntjies
1¾ koppie bruismeel
¾ koppie strooisuiker
160 ml melk
2 eiers, liggies geklits
125 g botter, gesmelt en afgekoel
½ teelepel vanilla ekstrak

Meng alles saam, moenie oormeng nie.
Bak teen 180°C vir 10-15 min, afhangende van bakkiegrootte.

En die versiersel:
125 g sagte botter
1½ koppies versiersuiker
½ teelepel vanielje ekstrak
knippie sout
1½ eetlepel melk

Klits baie goed tot donsig.
Dis ‘n baie lekker reseppie!
Geniet dit!