PLAASHOENDER PASTA
1 Hoender
500g Elmboog macaroni
1 ½ liter hoenderaftreksel
2 teelepels tiemie
2 teelepels knoffelsout
400g Gemengde groente
Sout en peper na smaak
1 Botteltjie Ranch slaaisous
1 Blikkie gesnipperde sampioene
Stoom die hoender in die stoompot in die hoenderaftreksel.
Ontbeen die hoender en snipper die vleis fyn.
Kook die macaroni in die aftreksel tot ‘n ¾ van die aftreksel weggekook het.
Voeg die geurmiddels by.
Voeg die sampioene, gevriesede gemengde groente, hoender en slaaisous by die macaroni en kook deur.
Bedien met knoffelbrood.
Bron: Corne Liebenberg